Vrydag 19 Julie 2024

--:--
In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper, uitgesaai op Vrydag 19 Julie 2024.
Kosbare Izak Coetzee sluit in hierdie program sy lering oor die wonder van die betekenis van ons Vader se bedoeling met die mens en hoe Hy dit deur die volk van Israel aan ons bekend gestel het, af. Moenie hierdie laaste gesprek van Izak mis nie.
Jan de Bruin – medekollega – doen groot werk om op ons land se paaie die Woord uit te dra. Hy was verlede week betrokke by ‘n uitreik na bestuurders van vragmotors wat vir dae in ‘n tou wat 30 kilometer, kop aan stert moes wag om vragte steenkool af te laai.
Elizabeth Jordaan het ‘n studie gemaak van die rol wat Andrew Murray in Suid Afrika gespeel het. Kom luister en leer meer van die groot rol wat hierdie man ook in ons land gespeel het.
In hierdie program sluit ons uiteindelik die reeks af met Lisbe Visser wat met olie verbrand het, maar genesing ontvang het – ook in haar gees. In hierdie bydrae verduidelik sy watter rol Heilige Gees in haar genesing gespeel het. Moet dit nie misloop nie.
19 Jul Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf steeds Dieper - 11 Okt 2024

Saterdag 12 Oktober is die datum waarop Yom Kippur vanjaar gevier word. Op verskillende plekke word groot dinge gereël, onder andere in Pretoria by Loftus Versveld - Saterdag 3namiddag. Om te besig oor waarom ons aan so iets moet deel hê, gesels ons eerste met Marinda du Preez wat die…
11 Oct 1 hr 31 min

Delf Steeds Dieper - 4 Okt 2024

In hierdie aanbieding van Delf Steeds Dieper gesels Este eerste met Elizabeth Jordaan wat verder vertel van die wel en weë en veral die geweldige invloed wat Andrew Murray op die ontwikkeling van "Kerk" in SA gehad het. Dit is veral die verskille wat in hierdie deel van die vertelling…
4 Oct 1 hr 33 min

Delf steeds dieper - 27 Sept 2024

Elizabeth Jordaan vertel verder van die invloed wat Andrew Murray Junior in SA gespeel het. Hierdie vertellinge laat mens verstaan hoe kerkskeuring in daardie dae plaasgevind het. Dit gee ons selfs insig in die kern verskille tussen denominasies wat ons steeds beleef. Amanda Swanepoel gesels al die pad uit die…
27 Sep 1 hr 32 min

Delf Steeds Dieper - Vrydag 20 Sept 2024

In Bloemfontein in die Vrystaat word daar volgende naweek weer ‘n groot geleentheid aangebied – Time2Rise. Ry Vrystaat toe en woon dit by – Arno van Niekerk vertel meer daarvan as eerste spreker na 9vm. Afhanklikheid, ook van alkohol, is steeds ‘n groot probleem. Om ons beter begrip van die…
20 Sep 1 hr 29 min

Delf Steeds Dieper - Vrydag 13 Sept 2024

Hugo van Niekerk is ‘n man met een groot passie vir siele. Sy passie is gemik op die uitbreiding van die Koninkryk van ons Hemelse Vader in Afrika. Sy visier is veral gerig op die JEUG van AFRIKA – die groep op ons kontinent wat die vinnigste en grootste groei…
13 Sep 1 hr 34 min