Polisiekonstabel doodgeskiet in Kamhlushwa

Loading player...
‘n Man wat aangekla word van die moord op ‘n polisiebeampte in Kamhlushwa verskyn Maandag weer in die Nkomazi-landdroshof. Die 34-jarige Konstabel Richard Thando Thani is Vrydagaand doodgeskiet. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hy was van diens af toe daar ‘n argument ontstaan het oor sy selfoon. Nog ‘n man wat nie geïdentifiseer is nie, is noodlottig gewond en twee mans wat gewond is word in die hospitaal behandel. Leonard Manzini staar twee moordklagte sowel as twee aanklagte van poging tot moord in die gesig. Hy bly in aanhouding.
31 Jul 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min