Dodetal styg tot ses in botsing tussen skoolbus en trein

Loading player...
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, en die adjunkminister van Vervoer, Mkhuleko Hlengwa, besoek vandag die toneel waar ses skoliere gister hul lewens verloor het toe hul bus met 'n trein gebots het. Die ongeluk het by Mafube plaasgevind toe die bus glo die spoorlyn oorgesteek het. Die Minister of Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, en LUR, Cathy Dlamini, besoek vanoggend die skool en die slagoffers se gesinne. Die provinsiale Departement van Gemeenskapsveiligheid se woordvoerder, Mmusi Moeti, sê daar was sowat 30 kinders op die bus.
1 Aug 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min