DA vra beter regulering van skoliere-vervoer

Loading player...
Die DA in Mpumalanga dring daarop aan dat die provinsiale departemente van onderwys en openbare werke ‘n deeglike ondersoek loods na die ongeluk wat ses kinders geëis het toe ‘n skoolbus gister deur ‘n trein getref is. Die botsing het op die R104 by Mafube buite eNtokozweni plaasgevind. Die DA se Annerie Weber sê een verlore kinderlewe is een te veel. Sy sê leerder-vervoer moet beter gereguleer word. Nog tien leerlinge is ernstig beseer en elf het geringe beserings opgedoen.
1 Aug 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min