DA vra beter regulering van skoliere-vervoer

Loading player...
Die DA in Mpumalanga dring daarop aan dat die provinsiale departemente van onderwys en openbare werke ‘n deeglike ondersoek loods na die ongeluk wat ses kinders geëis het toe ‘n skoolbus gister deur ‘n trein getref is. Die botsing het op die R104 by Mafube buite eNtokozweni plaasgevind. Die DA se Annerie Weber sê een verlore kinderlewe is een te veel. Sy sê leerder-vervoer moet beter gereguleer word. Nog tien leerlinge is ernstig beseer en elf het geringe beserings opgedoen.
1 Aug 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min