Diens môre vir treinslagoffers gehou

Loading player...
‘n Gedenkdiens vir die ses leerlinge van Môrelig-gekombineerde skool wat verlede week in ‘n botsing tussen ‘n trein en skoolbus dood is, word môre in Mafube gehou. Nog 19 kinders is beseer. Van hulle is ernstig beseer en is steeds in die hospitaal. Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid sê sy ondersoek na die ongeluk sal ongeveer 30 dae neem om te voltooi. George Mthethwa, die woordvoerder van die Mpumalanga provinsiale regering, sê hulle reël ook ‘n begrafnis vir die slagoffers.
6 Aug 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min