Episode 25 | Dís hoekom die kerkargief jou storie soek

Loading player...
Die NG Kerkargief op Stellenbosch is die grootste van sy soort bergplek vir die argivalia van die land se grootste en oudste Afrikaanse kerk. Argiefbestuurder dr Andrew Kok en sy span het in die afgelope sewe jaar ook geslaag om van hierdie instansie ’n publikasiehuis te maak. Die argief se boekereeks is een manier om die wonderlike bronne in hulle besit ontsluit sodat mense dit kan gebruik en dat dit in leketaal verstaanbaar is vir die gewone mens. Maar, geskrewe bronne is natuurlik nie al bron van kennis binne die kerk nie. Mondelinge geskiedenis is ook ’n baie belangrike deel van geskiedskrywing en dit beland nie altyd in die kerkargief nie. Daarom is projekte begin soos Learn from Leavers saam met Kerkbode asook kuierdae om ou foto’s uit die sendingveld om die kennis en stories te probeer verkry wat in mense se kop leef.
14 Aug 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge…
24 Jan 25 min

Episode 34 | ‘My eie ma het my nie herken nie … ’ - Johnny Davids

Toe Johnny Davids as jong man sy ma en ouma gaan op soek het op die Kaapse Vlakte na hy jare tevore as seuntjie van daar af weggeloop het, het sy ma hom nie herken nie. “Dit het baie seer gemaak,” vertel dié Kwêla-programaanbieder, SuperSport-omroeper en gospelsanger wat vir die…
30 Nov 2024 13 min