Rapport Praat Sport | Dís die plan met Rassie se vreemde span

Loading player...
Dis ’n gevoel wat Bok-fêns ongelukkig alte goed ken. ’n Reuse-oorwinning opgevolg deur ’n getjommel. Maar dié week kan dinge dalk net anders wees, ná ’n moontlike Rassie Erasmus-meesterskuif. Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen is terug met nog ’n aflewering van Rapport Praat Sport, en bespiegel oor die redes agter Erasmus se laslappie-span. Ons kyk ook terug na die Olimpiese Spele, bespreek die korrelasie tussen sport en rook, en raak opgewonde oor Dricus du Plessis se groot geveg teen Israel Adesanya.
14 Aug 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Dan Biggar is reg: Sacha ís die wêreld se beste nr. 10

Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons oor die Springbokke se spoggerige eerste helfte teen Italië, en wat om te verwag van Vrydagaand se tweestryd tussen Sacha Feinberg-Mngomezulu en Antoine Dupont.Ons praat ook oor die oud-Aussie-kolwer Usman Khawaja se skuurpapier-onthullings, en oor Tatjana Smith se besluit om Suid-Afrika vir Nederland…
11 Nov 24 min

Rassie se plan met groentjies: Bou vir ná WB

Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons oor al die groentjies in Rassie Erasmus se Springbok-groep. Ons kyk veral na die insluiting van die talentvolle jong Markus Muller, en bespiegel oor moontlike redes waarom ander groentjies soos Zekhethelo Siyaya en Ethan Adams nog nie opgeroep is nie. Ons gesels…
4 Nov 24 min

Greatest Rivalry: Ons Speler van die Reeks is...

In dié week se episode van Rapport Praat Sport deel ons toekennings uit: Die beste speler van die Greatest Rivalry-reeks, die beste voorspeler, agterspeler en die grootste oomblik. Ons kyk ook na wie onderpresteer het en sê wie vir ons die verrassingspakkie was. Wie was jou Speler van die Reeks?…
16 Sep 25 min

Greatest Rivalry bewys SA sal ’n vyfster-WB kan aanbied

In dié week se episode van Rapport praat sport praat ons oor die Suid-Afrikaanse been van die Greatest Rivalry-reeks wat ’n feesmaal vir rugbyliefhebbers was. Hoe lekker sal dit nie wees as Suid-Afrika weer ’n Wêreldbeker-toernooi kan aanbied nie, met toetse in nuwe stadions soos Soccer City en die Kaapstad-stadion!…
9 Sep 20 min

Dave Rennie is slinkser as wat jy dink!

Dave Rennie weet presies hoe om subtiele boodskappe by skeidsregters uit te kry. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor, en die fel bekgevegte wat steeds onverpoosd voortwoed. Jóhann Thormählen sê hy wonder of die Kiwi’s nie dalk in Richie Mo’unga se rigting moet begin kyk nie. Hy…
2 Sep 17 min