DA eis optrede weens hoë werkloosheidkoers onder Mpumalanga jeug

Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die provinsiale regering om drastiese stappe te neem om die hoë werkloosheidskoers onder die jeug in die provinsie aan te spreek. Volgens Trudie Grové-Morgan is die 46,4-persent een van die hoogste in die land. Sy sê samewerking tussen die private sektor en regering is nodig om die krisis te takel. Sy wys daarop dat 58-duisend werksgeleendthede in die eerste twee kwartale verlore gegaan het in Mpumalanga, wat bydrae tot die uitgebreide werkloosheidsyfer wat aandui dat mense ophou werk soek het.
14 Aug 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min