Bulle gunstelinge teen Pumas in Mbombela

Loading player...
Die span bo-aan die Curriebeker-punteleer, die Bulle, reis Vrydag na die Laeveld om die Airlink Pumas die stryd aan te sê. Die Bulle is onoorwonne in die kompetisie en het laas in 2021 by Mbombela-stadion verloor. Die Pumas lê tans vierde op die punteleer, na twee nederlae teen die Leeus, en is in ‘n tweestryd gewikkel met die Haaie om ‘n plek in die Curriebeker-halfeindrondes. Die afskop Vrydag by Mbombela-stadion is om kwart-oor-vyf. Die Pumas se spanbestuurder, Sam Sikiwe, sê hy glo sy spelers besef hulle sal alles moet gee op die veld op die dag.
15 Aug 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min