Bulle gunstelinge teen Pumas in Mbombela

Loading player...
Die span bo-aan die Curriebeker-punteleer, die Bulle, reis Vrydag na die Laeveld om die Airlink Pumas die stryd aan te sê. Die Bulle is onoorwonne in die kompetisie en het laas in 2021 by Mbombela-stadion verloor. Die Pumas lê tans vierde op die punteleer, na twee nederlae teen die Leeus, en is in ‘n tweestryd gewikkel met die Haaie om ‘n plek in die Curriebeker-halfeindrondes. Die afskop Vrydag by Mbombela-stadion is om kwart-oor-vyf. Die Pumas se spanbestuurder, Sam Sikiwe, sê hy glo sy spelers besef hulle sal alles moet gee op die veld op die dag.
15 Aug 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min