Rapport Praat Sport | Fêns juig oor Bokke, Dricus… maar waar is jolyt oor Proteas?

Loading player...
Dit is asof die Protea-krieketspan deesdae die stiefkind van Suid-Afrikaanse sport is, selfs wanneer hulle wen. In dié week se Rapport Praat Sport, bespreek Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen hierdie stand van sake. Ons wonder ook hardop wie Rassie Erasmus met die nr. 10-trui gaan toevertrou vir die toetse teen die All Blacks.
21 Aug 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres?

Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke…
11 Mar 26 min

Proteas gaan nie ‘choke’ nie

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie.
25 Feb 26 min