Episode 26 | Jaco Strydom - Stories, nagstukkies en doegongs

Loading player...
Hy is al lankal gefassineer deur die doegong, ’n rare en misterieuse seedier van die Ooskus van Afrika. So vertel predikant en skrywer Jaco Strydom wat pas sy eerste storieboek, Daka, gepubliseer het.

Hy het hierdie soogdier, wat verbind word met die legendes oor meerminne, ingebring as ’n mistieke element in sy fiksiedebuut, vertel die NG dominee wat reeds verskeie geestelike boeke agter sy naam het. Dit is ook ’n eerlike boek van ’n ou se worsteling wat deur ’n baie moeilike tyd gaan. So vertel hierdie skrywer wat glo stories help ons om goed raak te sien en dat die Christelike lektuur kan doen met meer honesty soos wat ’n mens kry in die Bybel. Meer “nagstukkies” saam met al die dagstukkies.
23 Aug 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge…
24 Jan 25 min

Episode 34 | ‘My eie ma het my nie herken nie … ’ - Johnny Davids

Toe Johnny Davids as jong man sy ma en ouma gaan op soek het op die Kaapse Vlakte na hy jare tevore as seuntjie van daar af weggeloop het, het sy ma hom nie herken nie. “Dit het baie seer gemaak,” vertel dié Kwêla-programaanbieder, SuperSport-omroeper en gospelsanger wat vir die…
30 Nov 2024 13 min