Brandslagoffer sterf in Mpumalanga hospitaal

Loading player...
Die man wat verlede Dinsdag glo sy 23-jarige vriendin aan die brand gesteek het, het gister weer in die Carolina-landdroshof verskyn. Volgens die polisie in Mpumalanga het Innocent Sthembiso Maseko 'n vlambare vloeistof oor haar gegooi en dit aan die brand gesteek. Die slagoffer is deur bure gered. Sy is gister weens haar beserings dood. Die saak teen die die 34-jarige verdagte is tot 4 September uitgestel vir 'n formele borgaansoek. Hy bly in aanhouding.
27 Aug 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min