Vrou in Nelspruit gevonnis weens nagemaakte goedere

Loading player...
‘n Mosambiekse vrou is gister deur die Nelspruit-streekshof tot 12 maande tronkstraf gevonnis vir oortreding van die Doeane- en Aksynswet. Emmelda Simiao Manhica is in Januarie 2017 saam met ‘n ander vrou by die Viva-vulstasie in Schoemanskloof betrap met vervalste goedere ter waarde van ‘n geraamde 170-duisend-Rand. Haar medepligtige, Luisa Pedro Gulele, is in 2017 reeds gevonnis. Gulele het op die vlug geslaan. Sy is verlede maand herarresteer en het skuldig gepleit in die hof. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga:
28 Aug 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min