DA besorgd oor stygende misdaad in Mpumalanga

Loading player...
Die DA sê Mpumalanga het die hoogste persentasie van mense wat onveilig voel. Dit is volgens Statistieke Suid-Afrika se Slagoffers van Misdaad-verslag wat gister bekendgemaak is. Teboho Sekaledi, ‘n lid van die provinsiale wetgewer, sê het 74,7% van inwoners in Mpumalanga aangedui hulle voel onveilig om snags in hul eie woongebiede rond te loop. Dit is hoër as die Wes-Kaap se 70,6 en Gauteng se 69,7%. Die meeste mense het ook in Mpumalanga aangedui hulle is op straat beroof.
28 Aug 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min