Episode 27 | ‘Ons sal mekaar waarskynlik nie oortuig nie’ – Frits Gaum

Loading player...
Dr Frits Gaum, die prominentste lid van die groep lidmate wat die NG Kerk in 2017 hof toe gevat het, praat met Kerkbode oor die kerk, die hof en die kanker wat by hom gediagnoseer is.

Die 84-jarige afgetrede dominee, wat Kerkbode in sy termyn as redakteur tot nuwe sirkulasiehoogtes geneem het, het met Le Roux Schoeman gepraat en ons speel ’n uittreksel uit hulle gesprek as hierdie week se aflewering van Kollig.
Lekker luister.
1 Sep 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge…
24 Jan 25 min

Episode 34 | ‘My eie ma het my nie herken nie … ’ - Johnny Davids

Toe Johnny Davids as jong man sy ma en ouma gaan op soek het op die Kaapse Vlakte na hy jare tevore as seuntjie van daar af weggeloop het, het sy ma hom nie herken nie. “Dit het baie seer gemaak,” vertel dié Kwêla-programaanbieder, SuperSport-omroeper en gospelsanger wat vir die…
30 Nov 2024 13 min