Ondersoeke na 60-jarige sterf wat glo deur polisie aangerand is

Loading player...
‘n Interne ondersoek is geloods na ‘n 60-jarige man Maandag in die hospitaal in dood is, na hy na bewering Saterdagaand in Piet Retief deur polisiebeamptes aangerand is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het twee polisielede glo op ‘n klagte van huishoudelike geweld gereageer ten tyde van die voorval. Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat ondersoek ook die omstandighede wat gelei het tot die man se hospitalisasie.
11 Sep 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min

Paaie, hekke in Krugerwildtuin gesluit

Aangesien erge weerstoestande voortduur oor dele van die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies, insluitend dele van die Krugerwildtuin, sal gaste wat tans by die Lower Sabie-ruskamp en die Crocodile Bridge-ruskampe bly, nie toegang tot Skukuza hê nie. Reynold “Rey” Thakhuli: Hoofbestuurder: Kommunikasie en Bemarking, Krugerwildtuin, gesels met ons.
12 Jan 6AM 4 min

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 2025 6AM 7 min