Nege leeus ontsnap wéér uit Krugerwildtuin
Loading player...
Die nege leeus wat gisteroggend by Ngwenya Lodge opgemerk is, en gisteraand terug na die Krugerwildtuin verskuif is, het vanoggend weer teruggekeer na die Lodge. Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, sê hulle is jong leeus, en waarskynlik onder druk van ander, wat hulle genoop het om elders ‘n heenkome te soek. Hy sê SANParke vergader met die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap om te bepaal wat hulle volgende te doen staan.