Verdagte aangekeer vir aanval op Hollandse toeriste buite Barberton

Loading player...
‘n Verdagte sal Maandag in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof na ‘n aanval Dinsdagoggend op twee Hollandse toeriste. Volgens die Valke het die paartjie op die R35 tussen Barberton en Badplaas gery toe drie aanvallers op hul huurmotor geskiet het. Die man is in die regterhand getref. Hulle is van persoonlike items soos selfone, bankkaarte en paspoorte beroof. Die 42-jarige man is gister, in besit van die items, gearresteer. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, word twee verdagtes nog gesoek.
13 Sep 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min