DA sidder oor onvoltooide infrastruktuurprojekte

Loading player...
Die DA doen ‘n beroep op die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer om die skuld en verantwoordelikheid te neem vir al die onvolledige en vertraagde infrastruktuurprojekte regoor die provinsie. Tydens 'n ministeriële inligtingsessie aan lede van die Nasionale Raad van Provinsies is dit onthul dat daar tans 26 infrastruktuurprojekte is wat óf onvolledig óf vertraag is in Mpumalanga weens swak prestasie van kontrakteurs, geen of laat betaling van kontrakteurs, onvoldoende begroting en ontwrigting deur sakeforums. Teboho Sekaledi ‘n DA-lid van die Mpumalanga-wetgewer, sê dit sluit in skole, hospitale, paaie en die Parlementêre Dorpie.
19 Sep 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min