Bokke moet verbeter voor Kampioenskap-eindstryd teen Argentinië

Loading player...
Die Springbokke se skrumdokter, Daan Human, sê hulle het baie werk om te doen voor Saterdag se beslissende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië in Mbombela. Die Poemas het Suid-Afrika die naweek in Santiago del Estero met 29-28 geklop om hul hoop op ʼn heel eerste Rugbykampioenskapstitel, lewend te hou. Die Rugbykampioenskap is sedert sy instelling in 2012 slegs deur Nieu-Seeland gewen met die uitsondering van 2015 en 2019 toe Australië en Suid-Afrika kampioene was in jare wat verkorte weergawes gespeel is weens Wêreldbekertoernooie wat plaasgevind het.
23 Sep 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min