Vyf verdagtes vasgetrek na moord op munisipale amptenaar in Mpumalanga

Loading player...
Vyf mans verskyn na verwagting vandag in die Emalahleni-hof weens die ontvoering en moord op die 64-jarige Kommunikasie-bestuurder van Nkangala-distrikmunisipaliteit. Volgens die polisie in Mpumalanga was David Masombuka Sondag van Kwamhlanga na Witbank onderweg vir 'n vergadering, maar het nooit by sy bestemming aangekom nie. Sy voertuig is naby 'n vulstasie in Witbank opgespoor. Die verdagtes was glo in besit van sommige van sy persoonlike besittings ten tyde van hul arrestasie. Sy liggaam is daar naby in 'n bebosde area gevind. Drie verdagtes is Sondag reeds aangekeer en nog twee Maandag, ook in Witbank. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli:
1 Oct 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min