Vyf verdagtes vasgetrek na moord op munisipale amptenaar in Mpumalanga

Loading player...
Vyf mans verskyn na verwagting vandag in die Emalahleni-hof weens die ontvoering en moord op die 64-jarige Kommunikasie-bestuurder van Nkangala-distrikmunisipaliteit. Volgens die polisie in Mpumalanga was David Masombuka Sondag van Kwamhlanga na Witbank onderweg vir 'n vergadering, maar het nooit by sy bestemming aangekom nie. Sy voertuig is naby 'n vulstasie in Witbank opgespoor. Die verdagtes was glo in besit van sommige van sy persoonlike besittings ten tyde van hul arrestasie. Sy liggaam is daar naby in 'n bebosde area gevind. Drie verdagtes is Sondag reeds aangekeer en nog twee Maandag, ook in Witbank. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli:
1 Oct 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min