DA raak nou baie moeg vir swak abulansdienste

Loading player...
Die DA is bekommerd dat inwoners van Mpumalanga die risiko loop om te sterf terwyl hulle ure vir ambulansdienste wag. Dít nadat ’n ernstig beseerde man op 20 September in eMbalenhle gesterf het terwyl hy langer as vier uur op ’n ambulans moes wag. DA-lid van die provinsiale wetgewer, Bosman Grobler, sê dit het die norm geword dat ambulanse laat by noodgevalle opdaag. Hy sê 'n tekort aan ambulanse is 'n probleem wat vererger word deur die Mpumalanga-departement se besluit om eerder 'n gesentraliseerde kommunikasiesentrum op te rig, as 'n rekenaargesteunde versendingstelsel vir nooddienste - soos wat aanbeveel is.
3 Oct 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min