Ep. 183 Johan Allers: stories en prentjies, ouer word en ‘die saligmaker’
--:--
Nuusman Johan Allers gesels oor jeugdige naïwiteit, die Groot Storie waaraan hy soveel lewensenergie gewy het, sy werk in 54 lande en die ervaring van “inmekaarstort, uitbrand en byna selfvernietig.” Hy praat oor die skok van ouer word en die fragiliteit van menswees - en wat dit beteken om saggies te loop.