16-jarige dood gevind na jagtog saam met maat

Loading player...
Die polisie ondersoek die dood van ‘n 16-jarige seun van Masoyi wat die naweek dood gevind is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hy Saterdag saam met ‘n 12-jarige maat met honde gaan jag. Toe hulle teen Sondag nog nie tuis was nie, maar die honde wel teruggekeer het, is hulle deur hul familie as vermis aangegee by die polisie. ‘n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur. Die ouer seun is dood gevind, en die jonger een is beseer. Volgens Mdhluli lyk dit asof hulle in ‘n bergagtige area geval het.
14 Oct 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min