16-jarige dood gevind na jagtog saam met maat

Loading player...
Die polisie ondersoek die dood van ‘n 16-jarige seun van Masoyi wat die naweek dood gevind is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hy Saterdag saam met ‘n 12-jarige maat met honde gaan jag. Toe hulle teen Sondag nog nie tuis was nie, maar die honde wel teruggekeer het, is hulle deur hul familie as vermis aangegee by die polisie. ‘n Grootskaalse soektog is van stapel gestuur. Die ouer seun is dood gevind, en die jonger een is beseer. Volgens Mdhluli lyk dit asof hulle in ‘n bergagtige area geval het.
14 Oct 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min