Dag Zero kom nader in Ermelo

Loading player...
Die DA sê inwoners van Chief Albert Luthuli- en Msukaligwa-munisipaliteite kan binnekort sonder water wees met damvlakke wat vinnig daal. Die party doen 'n beroep op die Mpumalanga-regering om 'n ramptoestand in dié areas af te kondig. James Masango van die DA sê die Brummerdam is amper leeg en Ermelo gaan Dag Zero op 8 November bereik. Hy sê 'n ramptoestand sal die regering toelaat om hul finansies en hulpbronne te belyn en konsekwent water te voorsien. Masango doen ook 'n beroep op die provinsiale regering om buitengewone hoë waterverliese hok te slaan.
15 Oct 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min