Dag Zero kom nader in Ermelo

Loading player...
Die DA sê inwoners van Chief Albert Luthuli- en Msukaligwa-munisipaliteite kan binnekort sonder water wees met damvlakke wat vinnig daal. Die party doen 'n beroep op die Mpumalanga-regering om 'n ramptoestand in dié areas af te kondig. James Masango van die DA sê die Brummerdam is amper leeg en Ermelo gaan Dag Zero op 8 November bereik. Hy sê 'n ramptoestand sal die regering toelaat om hul finansies en hulpbronne te belyn en konsekwent water te voorsien. Masango doen ook 'n beroep op die provinsiale regering om buitengewone hoë waterverliese hok te slaan.
15 Oct 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min