Episode 33 – ‘Dit gaan dieper as wat jy van buite sien …’ – maatskaplike werker vertel oor werk met haweloses

Loading player...
Dit is die verskil wat sy in hulle oë sien. Die hartseer, selfs leë, oë wat lewe kry. Dit is wat maak dat sy bly. So vertel Ntateng Poni, ’n maatskaplike werker by ’n ‘safe space’ van MES. Hier werk sy saam met ’n span kundiges wat hawelose mense wil help om weer hulle menswaardigheid te vind.

Sy vertel hoe nou probleme met geestesgesondheid loop met hierdie dikwels tydsame helingsproses. Die werk, wat sy saam met ’n span kundiges aanpak, stel groot uitdagings, maar, sê sy, as hulle dit nie doen nie, wie sal?

Kollig se podsending met Poni volg op ons vorige gesprek met Elise Felton, ’n inwoner en deelnemer van MES se 4-stapprogram. Luister gerus daarna.

LAAS WEEK SE EPISODE:
https://iono.fm/e/1489150
20 Oct 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 36 | ‘Ons is verslaaf aan besig wees’ - Ronell Bezuidenhout

Agt jaar terug het die skrywer dr Ronell Bezuidenhout die besige lewe van ’n stadspredikant agtergelaat. Met demissiestatus onder die arm het sy na haar ouers op Groot Brakrivier se strandhuis gekom vir wat sy gehoop het is ’n sabbatsjaar. Een met tyd vir skryf en skilder. Toe verloop dinge…
24 Jan 25 min

Episode 34 | ‘My eie ma het my nie herken nie … ’ - Johnny Davids

Toe Johnny Davids as jong man sy ma en ouma gaan op soek het op die Kaapse Vlakte na hy jare tevore as seuntjie van daar af weggeloop het, het sy ma hom nie herken nie. “Dit het baie seer gemaak,” vertel dié Kwêla-programaanbieder, SuperSport-omroeper en gospelsanger wat vir die…
30 Nov 2024 13 min