Polisie bepleit kalmte na twee dubbele moorde in Mpumalanga

Loading player...
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het gepleit vir kalmte na twee dubbele moorde op verskillende plekke in die provinsie die afgelope dae. In die eerste voorval is twee vroue Sondag op die N4 naby Middelburg doodgeskiet gevind. In die twee voorval het die polisie ‘n oproep ontvang dat twee mans in besit van gesteelde goedere vasgekeer is, maar met hul aankoms op die toneel is die mans dood ontdek. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê geen arrestasies is nog gemaak nie.
23 Oct 2024 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min