Rapport Praat Sport | Rassie se snoeiproses: Die verskil tussen Faf en Cobus

Loading player...
Eers was dit ’n losskakel vir ’n haker. Nou ’n losvoorspeler vir ’n agterspeler... en selfs ’n losskakel vir ’n stut! Ons gesels oor Rassie Erasmus wat wéér interessante spankeuses maak. Jóhann Thormählen sê waarom Damian Willemse se afwesigheid die Bokke vanjaar minder hard tref as wat verlede jaar die geval sou wees, en ons kies ons vyftientalle vir die toets teen Skotland. Ons spreek ook die oli-Faf in die kamer aan (selfs Francois van Coke se naam duik op), en Hendrik Cronjé verduidelik die rigting wat Rassie in die toekoms wil inslaan.
30 Oct 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres?

Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke…
11 Mar 26 min

Proteas gaan nie ‘choke’ nie

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie.
25 Feb 26 min