Neerslag
--:--
Al die vorms van water uit die lug – waterdruppels (reën), ys (hael) of sneeu – is meestal van wolke afkomstig. Die oomblik wat die water of ys op die grond val, noem ons dit neerslag. Neerslag is natuurlik ʼn baie belangrike deel van die aarde se watersiklus, waarsonder lewende dinge nie kan oorleef nie.