Fedsas sê gesondheidsdepartemente en munisipaliteite moet voedselveiligheid monitor

Loading player...
Fedsas sê die instruksies wat deur provinsiale onderwysdepartemente gegee is om die verkoop en verskaffing van voedsel by skole in Limpopo, Gauteng en die Vrystaat op te skort, is ongeldig. Dit is in reaksie op die onlangse voorvalle van voedselvergiftiging weens kos wat hoofsaaklik by spaza-winkels en stalletjies buite skole aangekoop is. Die vrywillige vereniging van skoolbeheerliggame van openbare skole het sy stem gevoeg by ‘n rits ander organisasies wat aanvoer dié maatreëls gooi die baba met die badwater uit. Dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, sê dit is buite die departemente se mag en gaan boonop min of geen verskil daaraan maak om kinders te beskerm nie.
12 Nov 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min