Fedsas sê gesondheidsdepartemente en munisipaliteite moet voedselveiligheid monitor

Loading player...
Fedsas sê die instruksies wat deur provinsiale onderwysdepartemente gegee is om die verkoop en verskaffing van voedsel by skole in Limpopo, Gauteng en die Vrystaat op te skort, is ongeldig. Dit is in reaksie op die onlangse voorvalle van voedselvergiftiging weens kos wat hoofsaaklik by spaza-winkels en stalletjies buite skole aangekoop is. Die vrywillige vereniging van skoolbeheerliggame van openbare skole het sy stem gevoeg by ‘n rits ander organisasies wat aanvoer dié maatreëls gooi die baba met die badwater uit. Dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, sê dit is buite die departemente se mag en gaan boonop min of geen verskil daaraan maak om kinders te beskerm nie.
12 Nov 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min