‘Net nog enetjie’ | Julius Malema werk deur die vyf fases van rou | Ep. 22

Loading player...
In hierdie week se episode van Net nog enetjie gesels Connie Mulder, Christel Cornelissen en Nico Strydom oor Julius Malema wat deur die vyf fases van rou werk. Iemand moet moontlik vir Malema ʼn “jammer vir jou verlies”-kaartjie stuur, want een vir een loop sy vertrouelinge oor na die MK-party. Malema is nou besig om die les te leer dat daar net plek vir een gegriefde eks-ANC-party in die politiek is, en Jacob Zuma staan daai skoene vol.
Chapters
  • 00:00 Inleiding
  • 01:40 Snoepies sneuwel in Gauteng
  • 11:03 Die EFF se wiele (en siele) val af
  • 16:07 Linkse Amerikaanse media se ineenstorting
  • 19:56 Voor jy ander mense se keuses oordeel
  • 29:53 Die politiek van persoonlikhede
12 Nov 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · News

Other recent episodes

Net nog enetjie | Ramaphosa stuur vir Roelf | Ep. 76

Die aanstelling van Roelf Meyer wek egter vrae oor die ANC-regering se werklike doelwitte. hulle wil hê. As Ramaphosa en die ANC se idee was om die sogenaamde “Afrikaner-kwessie” te bestuur of te neutraliseer in die verhouding met die VSA, is hierdie waarskynlik die verkeerde skuif.
15 Apr 30 min

Net nog enetjie | Die kroko-Zille, hoe maak hulle? | Ep. 74

Johannesburg se slaggate is nou al so groot dat jy daarin kan swem, en dit is ook presies wat sy gedoen het om die vlakke van verval uit te wys. Dié briljante verkiesingstoertjie het dalk groot opslae gemaak, maar gaan dit vir die DA ʼn meerderheid in Johannesburg verseker? Dit…
1 Apr 22 min

Net nog enetjie | Die son sak oor Alles-ras | Ep. 73

Daar is toenemende konsensus dat die huidige stelsel nie werk nie. Waar sommige dit al jare lank uitwys, begin ander dit nou eers – soms huiwerig – erken. Tog is daar steeds diegene wat hardnekkig vasklou aan die idee dat die beleid moreel reg is, en dat slegs die implementering…
25 Mar 23 min