Vroulike polisiekonstabel gewond in skietery in Embalenhle

Loading player...
‘n 32-jarige vroulike polisiekonstabel word in die hospitaal behandel na sy Woensdagaand geskiet is. ‘n 35-jarige man is ook geskiet, en het gister weens sy wonde beswyk. Die voorval het in Embalenhle plaasgevind. Skote is gehoor, die polisie is ontbied en die slagoffers is met ernstige skietwonde langs ‘n voertuig aangetref. Die verdagte, ‘n 35-jarige man, is tussen Potchefstroom en Ventersdorp in Noordwes vasgetrek. Die motief vir die skietery is tans onduidelik. Volgens die polisie kan dit moontlik met huishoudelike geweld verband hou. Polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli:
15 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min