Vier polisiebeamptes wat glo miljoen-Rand steel gearresteer

Loading player...
Vier polisiebeamptes verskyn na verwagting vandag in die Nelspruit-landdroshof vir diefstal en regsverydeling. Die drie mans en ‘n vrou is gister in Barberton gearresteer. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle ‘n betaalmeester van onwettige mywerkers se huis deursoek en op 1-miljoen-800-duisend-Rand in kontant afgekom. Hulle het die man se seun in die polisieselle toegesluit, maar niks ingeteken of ‘n saak geregistreer nie. Hulle het later teenoor misdaadintelligensie beweer hulle het slegs 200-duisend-Rand gekonfiskeer. Hulle is gearresteer na die seun ‘n saak teen hulle geopen het.
15 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min