Dipaleseng R160m beboet weens waterbesoedeling

Loading player...
Dipaleseng-munisipaliteit is 160-miljoen-Rand beboet vir die oortreding van die nasionale omgewingswet, besoedeling van waterbronne, versuim om aan die voorskrifte te voldoen en die onwettige wegdoening van water.
Volgens Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het verskeie klagtes van die gemeenskap oor waterbesoedeling tot die dood van hul vee gelei. Die munisipaliteit het in die Balfour-landdroshof ’n pleit- en vonnisooreenkoms aangegaan. 40-miljoen-Rand van die boete is vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat die munisipaliteit nie in die tydperk aan besoedelingsverwante misdrywe skuldig bevind word nie.
18 Nov 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min