Borg vir vier polisiebeamptes wat glo R1,8m probeer steel

Loading player...
Vier polisiebeamptes wat van diefstal en regsverydeling aangekla word, is vanoggend in die Barberton-landdroshof borgtog van 5-duisend-Rand elk toegestaan. Die drie mans en ‘n vrou het na bewering 1-miljoen-800-duisend-Rand van ‘n onwettige myn-ringkop gekonfiskeer, maar dit nie verklaar of ‘n saak geopen nie. Hulle het Vrydag die eerste keer in die hof verskyn. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê die saak is uitgestel tot 29 Januarie.
19 Nov 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min