Vrou voor gimnasium in Mbombela doodgeskiet

Loading player...
Die polisie het bevestig ‘n vrou is vanoggend doodgeskiet in die parkeerterrein voor Virgin Active Red in Riverside in Mbombela. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Brigadier Donald Mdhluli, was die 34-jarige vrou ‘n dokter by ‘n openbare hospitaal. Sy het na vermoede om ongeveer half 6 die gimnasium verlaat toe sy verskeie kere geskiet en in die bolyf getref is. Sy is op die toneel dood verklaar. Die motief vir haar moord is in dié stadium onbekend. Twee verdagtes word deur die Polisie gesoek. Geen arrestasies is nog gemaak nie. Enigiemand met inligting is gevra om die Nelspruit speurtakbevelvoerder, Kolonel Thami Mkhaliphi,
te kontak by 082-408-9831.
20 Nov 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min