Vrou voor gimnasium in Mbombela doodgeskiet

Loading player...
Die polisie het bevestig ‘n vrou is vanoggend doodgeskiet in die parkeerterrein voor Virgin Active Red in Riverside in Mbombela. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Brigadier Donald Mdhluli, was die 34-jarige vrou ‘n dokter by ‘n openbare hospitaal. Sy het na vermoede om ongeveer half 6 die gimnasium verlaat toe sy verskeie kere geskiet en in die bolyf getref is. Sy is op die toneel dood verklaar. Die motief vir haar moord is in dié stadium onbekend. Twee verdagtes word deur die Polisie gesoek. Geen arrestasies is nog gemaak nie. Enigiemand met inligting is gevra om die Nelspruit speurtakbevelvoerder, Kolonel Thami Mkhaliphi,
te kontak by 082-408-9831.
20 Nov 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min