Omgekoopte amptenaar gearresteer weens korrupsie met ID

Loading player...
’n Amptenaar van die Departement van Binnelandse Sake is gister by haar werkplek in die teenwoordigheid van haar baas en kollegas in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie. Volgens die Valke is Violet Mabena in Oktober 2021 20-duisend-Rand betaal om 'n vrou te help om 'n identiteitsdokument vir haar stiefseun te bekom. Mabena het Dinsdag in die Kwa-Mhlanga-landdroshof verskyn en is borgtog van 3-duisend-Rand toegestaan. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê die saak is tot 6 Desember uitgestel en verskuif na die streekshof.
20 Nov 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min