Koshuisopsigter geskors na hy GPF-lede nooi om kinders pak slae te gee

Loading player...
Die koshuissuperintendent by Shongwe Koshuis is met onmiddellike effek geskors terwyl die Mpumalanga Onderwysdepartement die beweerde aanranding van twee leerders deur lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum ondersoek. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, het die superintendent van die lede gister genooi om die leerders pak slae te gee. Hy sê amptenare van die arbeidsdirektoraat van die departement is tans besig met 'n ondersoek na die omstandighede rondom die voorval.
27 Nov 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min