Koshuisopsigter geskors na hy GPF-lede nooi om kinders pak slae te gee

Loading player...
Die koshuissuperintendent by Shongwe Koshuis is met onmiddellike effek geskors terwyl die Mpumalanga Onderwysdepartement die beweerde aanranding van twee leerders deur lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum ondersoek. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, het die superintendent van die lede gister genooi om die leerders pak slae te gee. Hy sê amptenare van die arbeidsdirektoraat van die departement is tans besig met 'n ondersoek na die omstandighede rondom die voorval.
27 Nov 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min