Twee Mosambiekse broers gevonnis weens perlemoen

Loading player...
Twee Mosambiekse broers is deur die Boschfontein-streekhof gevonnis vir oortreding van die Immigrasiewet en die Wet op Mariene Hulpbronne. Jose Carlos en Ivo Alberto Matsinhe was op pad van Suid-Afrika na Mosambiek toe die polisie gedroogde perlemoen in hul enkelkajuitbakkie gevind het. Dit het ‘n geraamde straatwaarde van meer as 648-duisend-Rand. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, het hulle skuld beken. Jose Carlos is gevonnis tot agt maande gevangenisstraf wat vir drie maande opgeskort is. Ivo Carlos is gevonnis tot 'n boete van 70-duisend-Rand en ‘n jaar gevangenisstraf wat opgeskort is.
29 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min