Twee Mosambiekse broers gevonnis weens perlemoen

Loading player...
Twee Mosambiekse broers is deur die Boschfontein-streekhof gevonnis vir oortreding van die Immigrasiewet en die Wet op Mariene Hulpbronne. Jose Carlos en Ivo Alberto Matsinhe was op pad van Suid-Afrika na Mosambiek toe die polisie gedroogde perlemoen in hul enkelkajuitbakkie gevind het. Dit het ‘n geraamde straatwaarde van meer as 648-duisend-Rand. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, het hulle skuld beken. Jose Carlos is gevonnis tot agt maande gevangenisstraf wat vir drie maande opgeskort is. Ivo Carlos is gevonnis tot 'n boete van 70-duisend-Rand en ‘n jaar gevangenisstraf wat opgeskort is.
29 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min