Ondersoek na polisie glo drie onwettige mynwerkers in Sabie doodskiet

Loading player...
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek ‘n voorval waartydens drie vermeende onwettige mynwerkers gister in Sabie doodgeskiet is. Volgens die polisie was hulle besig met roetinepatrollies in die omgewing van die New Village-mynskag toe daar uit verskillende rigtings op hulle geskiet is. Een beampte van die honde-eenheid is in die been getref. Wetstoepassers het teruggeskiet en drie verdagtes is noodlottig gewond. Volgens die polisie is twee AK-47-gewere sowel as ongeveer 500 rondtes ammunisie op die misdaadtoneel gevind.
29 Nov 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min