DA geskok oor tekort aan water en kragtoevoer aan 2-miljard-Rand projek

Loading player...
Die DA gaan die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, vra om in te gryp by die Internasionale Vrasproduktemark in Nelspruit. Volgens Tersia Marshall van die DA het die gebou die afgelope ses jaar die belastingbetaler reeds 2-miljard-Rand gekos om op te rig, maar daar is geen lopende water of elektrisiteit nie. Sy sê die provinsiale Departement van Landbou het nagelaat om sy munisipale rekening te betaal, en Mbombela het daarom sy kragtoevoer afgesny. Marshall voeg by die departement is duidelik nie opgewasse vir die taak nie.
3 Dec 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min