Goven Mbeki lieg oor rede vir watertekorte

Loading player...
Die DA in Govan Mbeki is geskok om te verneem dat die munisipaliteit die publiek mislei het oor die oorsaak van die watertekorte regoor die munisipaliteit. DA-raadslid Fiona Pelman sê die munisipaliteit het vir inwoners gelieg en beweer dat hoë aanvraag en infrastruktuur-uitdagings onlangse waterafsluitings veroorsaak het. Die LUR vir Cogta, Speedy Mashilo, het egter tydens 'n portefeuljekomiteevergadering aan die lig gebring dat Rand Water 'n 50%-waterversperring op die munisipaliteit afgedwing het weens hul skuld – wat meer as R800 miljoen is.
3 Dec 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min