Onwettige myners ondergronds vasgekeer in Sabie

Loading player...
Die polisie, mediese nooddienste, en private sekuriteitsmaatskappye monitor ‘n situasie in Sabie waar ‘n groep onwettige mynwerkers ondergronds in ‘n verlate mynskag vasgekeer is. Die polisie skat daar is ongeveer 150 mense. Drie van hulle is glo dood. Twee buitelandse burgers is saam met vier Suid-Afrikaners suksesvol gered. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is dit gister ontdek. Hulle is glo deur ontvoerders gedwing om onder gevaarlike en haglike omstandighede goud te myn. Wetstoepassingsagentskappe monitor die situasie aktief.
4 Dec 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min