Mevrou se jaar van oorvloed en klippe kou

Loading player...
Mevrou kyk terug na 2024 as die jaar wat die grootmens-lewe wenke die lewe sommer baie makliker gemaak het. Gerda de Sousa het uiteindelik geleer hoe om die sloop om die duvet te trek, terwyl Dianne Broodryk die krag gekry het om beheer te vat oor die nuwe geyser skedule. Hulle het gelag, gehuil, woede uitbarstings oorleef, stoom af geblaas en die lewe weer deur nuwe oë bekyk. In hierdie laaste episode van die huidige seisoen, kyk die twee terug na die jaar wat was.
9 Dec 2024 Afrikaans South Africa Comedy · Personal Journals

Other recent episodes

40 is Fabulous III

Die maand van Jacaranda FM se 40ste verjaarsdag feesvieringe is nou verby, en Mevrou is weer op die voete. Dis tyd vir nabetragting en om wenke aan die jonger geslag uit te deel. Gerda de Sousa het gesien hoe die jongmense nog nie regtig weet wat dit verg om vir…
1 Jun 19 min

40 is Fabulous II

Mevrou mag haar jare goed dra: jonk van gees en van vlees. Wat die geheim agter haar ware ouderdom egter verklap, is die plooie wat tussen haar oë vasklou, selfs wanneer sy nie eers kwaad is nie. Dianne Broodryk gaan oor tot aksie en maak ’n afspraak om Gerda de…
25 May 20 min

40 is Fabulous I

Mei 2026 is die maand waarin Jacaranda FM haar 40ste verjaarsdag vier. Aangesien hierdie radiostasie 'n groot deel van albei hulle lewens is, het Gerda de Sousa en Dianne Broodryk besluit om dit te vier op die beste manier wat hulle kan – deur hulde te bring aan hulle veertigs…
18 May 27 min

Mevrou vier die veertigs

Mevrou Mevrou is terug met ’n spesiale mini-reeks om Jacaranda FM se 40ste verjaarsdag te vier. In egte Mevrou styl, wonder Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nie net hoe veertig deesdae lyk nie - hulle gaan ook oor tot aksie. Die Mevrouers lag, kla, knyp die oë toe, vra…
15 May 1 min

Mevrou onthul hoe 2025 moontlik haar lewe gered het

Mevrou kyk terug op die jaar wat was, en al die kere wat dit gevoel het of daar ’n slang was wat reg gelê het om te pik. Dié jaar was egter nie net een van weg hardloop van slange nie, Mevrou het ook ’n paar goeie lesse geleer en…
14 Dec 2025 24 min