Woord vir Vandag - 13 Des 2024

Loading player...
“Dawid het met volle oorgawe voor die Here gedans terwyl hy ‘n linneskouerkleed aangehad het.” 2 Samuel 6:14 NLV
Loof God met oorgawe (1)
In 2 Samuel 6 is Dawid pas as koning van Israel gekroon. Hy het die Filistyne oorwin en Sion weer ingeneem. Hy is besig om die verbondsark, die grootste simbool van God se teenwoordigheid onder sy volk, terug na Jerusalem te neem. Nadat die volk jare daarsonder gelewe het, het die aanskoue daarvan Dawid met vreugde oorweldig. Hy het sy koninklike klere uitgetrek en met volle oorgawe in net ‘n linneskouerkleed voor die ark gedans. Tog, wanneer jy oor God opgewonde raak, moenie verwag dat almal saam met jou opgewonde sal raak of jou opgewondenheid sal verstaan nie. Dawid se vrou, Mikal, was so ‘n persoon. Die Bybel vertel ons twee dinge van haar: 1) ‘Terwyl die ark van die Here die Dawidstad binnegekom het, het Mikal, die dogter van Saul, bo uit haar venster gekyk. Toe sy koning Dawid sien spring en dans voor die Here, het sy hom stilweg verafsku’ (vers 16 NLV). 2) ‘Mikal het haar lewe lank kinderloos gebly’ (vers 23 NLV). Lofprysing lyk soms ‘n bietjie dwaas, nie waar nie? Jy sing vir iemand wat jy nie kan sien nie. Jy lig jou hande op na iemand waaraan jy nie kan raak nie. Of, soos in Dawid se geval, versuim jy om met koninklike waardigheid op te tree. Daar is ‘n ou gesegde wat lui: ‘Diegene wat nie die musiek hoor nie, dink die danser is mal.’ Dis wat in hierdie verhaal gebeur het. Dawid hoor die musiek en loof God met volle oorgawe. Mikal doen nie en verbeur dit waarna sy die meeste smag. Moenie die punt hier misloop nie. Wanneer jy die kritici ignoreer en besluit om God met jou hele hart te aanbid, begin jy geestelik floreer. As jy dit nie doen nie, word jy geestelik onvrugbaar.
12 Dec 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 28 Feb 2026

“The rich rule over the poor, and the borrower is slave to the lender.” Proverbs 22:7 NIV Be the master of your debt Good credit establishes your future buying power. But when you misuse debt, you experience anxiety each month as you pull the envelope from the mailbox with the…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 28 Feb 2026

“Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen: Hy is die slaaf van die man by wie hy leen.” Spreuke 22:7 NLV Wees die meester van jou skuld Goeie krediet bepaal jou toekomstige koopkrag. Wanneer jy egter skuld misbruik, is jy elke maand angstig wanneer jy…
22 Jan 2 min

Word for Today - 27 Feb 2026

“Whoever trusts in the Lord shall be safe.” Proverbs 29:25 NKJV Trust in the Lord rather than people Sometimes we make the mistake of placing our trust in people when we should be placing our trust in the Lord. And since God cannot fail and people can, we end up…
22 Jan 1 min

Woord vir Vandag - 27 Feb 2026

“…Jy beveilig jou lewe as jy op die Here vertrou.” Spreuke 29:25 NLV Vertrou op die Here, eerder as op mense Ons maak soms die fout om ons vertroue in mense te plaas, wanneer ons ons vertroue eerder in die Here behoort te plaas. Aangesien God nie kan fouteer nie,…
22 Jan 2 min

Word for Today - 26 Feb 2026

“Present your bodies a living sacrifice…to God.” Romans 12:1 NKJV Sacrificial living With the national coffers depleted from a series of costly wars, King Frederick William III of Prussia found his nation seriously short of funds as it attempted to rebuild. He refused to capitulate to his enemies and couldn’t…
22 Jan 1 min