Premier bekommerd oor impak van Mosambiekse onlus op Mpumalanga

Loading player...
Die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê die provinsie se ligging, aangrensend met Mosambiek en Eswatini, is voordelig en nadelig vir sy ekonomie. Hy het president Cyril Ramaphosa gister tydens ‘n bilaterale vergadering tussen ander ministers en die provinsiale uitvoerende gesag gevra om die voortslepende betogings in Mosambiek, weens ‘n bestrede verkiesingsuitslag, met president Filpe Nyusi op te neem, omdat die provinsie ook daaronder ly. Ndlovu sê die spanning in Mosambiek het ‘n negatiewe uitwerking op die provinsie se ekonomie. Hy sê Mpumalanga dra die swaarste aan die las van onwettige en ongedokumenteerde immigrante met talle negatiewe gevolge wat insluit oorgrensmisdaad, ‘n toename in misdaad in plaaslike gemeenskappe en onwettige mynbou.
11 Dec 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min