Die dag toe Leeus-breier Cash van vlakvark moes vlug

Loading player...
Dit is nie toevallig dat Ivan “Cash” van Rooyen juis die Lééus se hoofafrigter geword het nie. Hy het immers tussen die Groot Vyf skoolgegaan. In dié week se Rapport Praat Sport gesels Hendrik Cronjé en Tinus van Staden met Van Rooyen oor die Leeus se opgang, en sy grootwordjare in die Krugerwildtuin. Ons hoor ook watter Suid-Afrikaanse span Frédéric Michalak glo die beste gaan vaar in die Kampioeneliga. Jóhann Thormählen vertel hoe die atmosfeer by die Kaapstad-sewestoernooi was. En hier is ’n triviavraag vir jóú: Vanjaar het vyf Proteas hul eerste toetshonderdtalle geslaan. Die jaar met die vorige meeste debuut-honderdtalle was in 2016, toe drie Protea-kolwers die eerste keer dié mylpaal bereik het. Wie was dié drie kolwers? Laat weet ons by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787.
11 Dec 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres?

Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke…
11 Mar 26 min

Proteas gaan nie ‘choke’ nie

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie.
25 Feb 26 min