Beplanning begin vir 2025 skooljaar

Loading player...
Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, vergader vandag met alle kringbestuurders in Witbank terwyl die skole hierdie week sluit – om hul gereedheid vir die 2025-skooljaar te bepaal.
Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, heropen skole op 13 Januarie vir onderwysers en op 15 Januarie vir leerders. Sleutelonderwerpe sluit in toelatings, verbeterings aan skoolinfrastruktuur, die verskaffing van leer- en onderrigondersteuningsmateriaal, papierbegrotings, voedingsprogramme en maatreëls wat met skoolveiligheid verband hou.
12 Dec 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min