Man gesoek wat glo polisiebeampte beroof in Malalane

Loading player...
Die polisie en Korrektiewe Dienste in Mpumalanga soek na ‘n verdagte wat vroeg gisteroggend ‘n polisiebeampte in Malalane van sy dienspistool en ammunisie beroof het. Volgens die polisie is die vuurwapen intussen by sy huis teruggevind, maar die verdagte is voortvlugtig. Hy is tans uit op parool na hy tronkstraf uitgedien het vir moord en verkragting. Hulle glo ene Donald Sipho Khoza kan hulle help met inligting en vra die publiek om hulle by te staan in hul soektog.
16 Dec 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min