George Linde wou krieket groet ná Protea-afjak

Loading player...
As hy nou terugkyk, glo George Linde hy moes ’n sielkundige gaan sien nadat hy op onverklaarbare wyse weggelaat is uit die Protea-groep vir die T20-Wêreldbeker-toernooi vir 2021. Maar nou is hy terug in die Protea-prentjie, en hóé! In dié week se Rapport Praat Sport vertel hy ook die staaltjie van hoe hy die bus verpas het vir die kragmeting met Pakistan verlede week, en lig die sluier oor die geestelike ingesteldheid waarmee hy deesdae op die krieketveld stap. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen kies ook hul top-drie- Suid-Afrikaanse sport-oomblikke, en -sportsterre van 2024. Laat weet ons wie jy sou kies by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787.
18 Dec 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres?

Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke…
11 Mar 26 min

Proteas gaan nie ‘choke’ nie

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie.
25 Feb 26 min